
Hawelose man geskiet na onderonsie weens pizza
Loading player...
‘n Hawelose man is dood toe hy Saterdagaand in Witrivier geskiet is. Volgens die polisie het hy vir ‘n verbyganger in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan vir ‘n pizza gevra en toe die man weier het hy hom met ‘n ketting aangerand. Die verdagte het hom toe geskiet en in die bors en hand getref. Die 39-jarige is op die toneel aangekeer. Die slagoffer word in sy 40’s geskat, maar is hy nog nie geïdentifiseer nie. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, vra dat enigiemand met inligting oor sy naasbestaandes na vore kom.