Hoofman van Mnisi Tribal Council buite Witrivier doodgeskiet
Loading player...
Die hoofman van die Mnisi Tribal Council, Clyde Mnisi, is gisteraand naby die Kruger Mpumalanga Internasionale lughawe doodgeskiet.
Volgens die polisie het hy en sy bestuurder in 'n Toyota Avanza toe hulle 'n pap band kry.
Terwyl hulle vir hulp gewag het, het vyf swaar gewapende mans met balaklavas in ‘n BMW X-5 arriveer. Hulle het glo met Mnisi gepraat voor hulle op hom losgebrand het. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die bestuurder is in sy been gewond. Niemand is nog aangekeer nie.