Radikaal in die toring van Babel

Loading player...
GENESIS 11
Die toring van Babel
Die hele wêreld het net een taal gepraat. Toe die mense ooswaarts getrek het, het hulle uitgekom by 'n vlakte in Sinar en daar gaan woon. Hulle het op 'n keer vir mekaar gesê: “Kom ons maak stene en ons brand hulle hard.”
Hulle het toe stene in plaas van klip gebruik en asfalt in plaas van klei.
Toe sê hulle: “Kom ons bou vir ons 'n stad met 'n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons 'n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie.”
Die Here het afgekom om te kyk na die stad en die toring wat die mense vir hulle gebou het, en toe sê Hy: “Hier is hulle een volk en almal het een taal. Hulle het nog maar net begin om iets te doen. Hierna sal niks wat hulle beplan vir hulle onmoontlik wees nie. Kom laat Ons afgaan en verwarring bring in hulle taal, sodat die een nie die ander verstaan nie.”
Die Here het hulle toe van daar af verstrooi oor die hele aarde, en hulle het opgehou met die bou van die stad. Daarom het hulle die stad Babel genoem, want daar het die Here in die taal van die aarde verwarring gebring, en van daar af het Hy die mense oor die hele aarde verstrooi.
17 Mar 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Daniel

Braam Klopper, Sebastiaan van Dyk en Michelle van Tonder gesels vandag oor Daniel - wie en wat hy was.
4 Apr 19 min

Liedjies in die Bybel wat ons gedagtes vul

In vandag se episode van Verstaan Jy Wat Jy Lees? gesels Braam Klopper, Michelle van Tonder en Sebastian van Dyk oor liedjies in die Bybel en hoe dit mens se gedagtes vul
28 Mar 20 min

Proto Evangelium

Braam Klopper, Theo Groeneveld en Stewart Gordon gesels vandag oor die tema: Proto Evangelium uit Gen. 3: 5 - 15
21 Mar 19 min

Facing Temptation

In today's Verstaan jy wat jy lees? Braam Klopper, Stewart Gordon and Theo Groeneveld discusses the theme: facing temptation. Luke 4: 1 - 12
14 Mar 22 min

Mark's Temptations

In Verstaan jy wat jy Lees: Braam Klopper, Stewart Gordon and Theo Groeneveld discusses the theme: The Temptations in Mark and dealing with Biblical discrepancies - Mark 1
7 Mar 19 min