
Pumas Vrydag in eerste tuiswedstryd van Curriebeker 2023
Loading player...
Die verdedigende Curriebeker-kampioene, die Airlink Pumas, kom in hul tweede wedstryd van die seisoen eerskomende Vrydag tuis teen die Leeus te staan by Mbombela stadion. Hulle het gister op Loftus Versfeld die Blou Bulle met 63-15 gewen. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, nooi ‘n ieder en elk om die kampioene te kom ondersteun.