
DA ontevrede met reaksie op beskadigde paaie
Loading player...
Die DA eis dat die provinsiale departement van openbare werke en vervoer met meer dringendheid op beskadigde paaie reageer. Trude Grove-Morgan sê hulle is besorg dat beskadigde paaie stadig gesluit word en motoriste nie genoegsaam gewaarsku word nie. Sy sê oorsigbesoeke aan die Bulembu-pad sowel as die R40 tussen Witirivier en Hazyview wys dit behoort verder ineen te stort. ‘n Stop-en-ry is hier in plek. Daar is egter glo geen waarskuwing by die brug op die R538/Ou Plastonpad nie.