
VF Plus bekommerd oor transitorooftogte
Loading player...
Die VF Plus in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die onlangse vlaag gewelddadige transitorooftogte. Werner Weber skryf dit toe aan ‘n tekort aan menslike hulpbronne en voertuie in die provinsie. Tydens die jongste voorval is 'n veiligheidswag doodgeskiet en nog twee gewond buite Hazyview verlede week. Weber is veral bekommerd oor die gepaardgaande geweld en dat meeste van die rooftogte op toerismeroetes plaasvind. Hy sê meer sigbare polisiëring is nodig.