
Vragmotors aan die brand gesteek in proteste
Loading player...
Die polisie is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag op die N4 en rondom Vosman naby Witbank na vier vragmotors en twee bakkies Woensdagaand aan die brand gestreek is. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê dit volg op proteste wat glo weens ‘n tekort aan elektrisiteit in Sangweni en omliggende areas ontstaan het. Sake van openbare geweld en verskeie sake van kwaadwillige saakbeskadiging word ondersoek. Niemand is nog aangekeer nie.