
Nog 'n gesteelde voertuig by Oshoek teruggevind
Loading player...
‘n Man verskyn vandag in die Elukwatini-hof vir die besit van gesteelde goedere. Hy is gister by die Oshoek-grenspos aangekeer. Hy was glo in besit van ‘n Nissan NP-200-bakkie wat in Januarie in Boksburg as gesteel aangemeld is. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê dit vorm deel van hul veiliger feestyd operasies.