
Voortvlugtiges gee hulself oor aan Valke
Loading player...
Twee verdagtes wat na bewering Krugerwildtuin-veldwagters en hul familielede betaal het vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help, het hulself aan die owerhede oorhandig. Martin Prince en Eunice Lekhuleni was voortvlugtig na nege familielede van die voormalige veldwagters Chikwa Maluleke en Solly Ubisi op 2 Desember tydens operasie “Blood Orange” aangekeer is. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het is Eunice R5 000 borgtog toegestaan in die hof in Bosbokrand. Martin bly in aanhouding tot Maandag wanneer hy vir borg aansoek sal doen.