
Vrou noodlottig gewond tydens stokvel-roof buite Witrivier
Loading player...
‘n 23-jarige man en vrou verskyn vandag in die Kabokweni-hof na die skietdood van ‘n 30-jarige vrou Saterdag in Mshatsa naby Masoyi buite Witrivier. Volgens die polisie het twee gewapende mans ‘n groep vroue wat besig was om hul stokvel-kontant te verdeel aangehou, beroof en die een geskiet. Sy is hospitaal toe gehaas, maar met haar aankoms dood verklaar. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê hulle vermoed die roof was vooraf beplan. Nog arrestasies word verwag.