
DA vra ondersoek na verkeersdepartement in Thaba Chweu
Loading player...
Die DA het die stadsbestuurder van Thaba Chweu-munisipaliteit gevra om ondersoek in te stel na die aktiwiteite van die Bohlabela-Streek Brand en Noodienste in die munisipaliteit. Volgens raadslid Marius Opperman het B-R-F-E-S nie ‘n diensvlakooreenkoms met Thaba Chweu, Ehlanzeni of die departement van openbare werke nie, en vorder hy onwettig verkeersboetes in. Opperman sê die munisipaliteit lei gevolglik groot verliese. Hy het ‘n interdik bekom om ‘n munisipale werknemer te verhoed om hom te teister.