
DA bekommerd oor ambulanstekort in Mpumalanga
Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê hulle is bekommerd dat daar slegs 168 ambulanse beskikbaar is vir die provinsie se bevolking van 4,7 miljoen mense. Volgens mediese norme en standaarde moet daar een ambulans beskikbaar wees per 10-duisend mense. Volgens Jane Sithole is slegs 72 van die 168 boonop daagliks in gebruik weens personeeltekorte, ongelukke en ‘n tekort aan instandhoudingswerk. Sy sê dit is nie bekend hoeveel pasiënte gesterf het terwyl hulle gewag het op ‘n ambulans wat lank geneem het om op te daag, of glad nie het nie.