
Liggame van twee mans in Tonga ontdek
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het die publiek gevra om na vore te kom met inligting oor twee moorde. Dit na die liggame van twee mans gisteroggend op die perseel van die rioolwerke in Tonga deur sekuriteitswagte ontdek is. Brigadier Selvy Mohlala sê die slagoffers het sigbare beserings gehad. Daar word vermoed dat hulle elders aangerand is voor hul liggame gestort is.