
Numsa spreek hul skok uit na ses leiers in motorongeluk sterf
Loading player...
Die metaalwerkersunie NUMSA sê hulle is geskok oor die tragiese heengaan van ses leiers van die mynwerkersunie NUM. Dit is nadat hulle Sondag in ‘n motorongeluk in Mpumalanga oorlede is. NUMSA se nasionale woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola het hul innige meegevoel gestuur aan die familie en vriende van almal wat hul lewens in die ongeluk verloor het.