
‘n Moeë bestuurder was moontlik die oorsaak van ‘n noodlottige ongeluk op die N4
Loading player...
Ses mense is dood in ‘n gru-ongeluk op die N4 tussen Middelburg en Emalahleni gisteroggend toe die bestuurder na vermoede beheer verloor het. Al ses insittendes is opslag dood. Die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê hulle vermoed dat die bestuurder moeg was, maar die oorsaak word ondersoek. Die LUR, Vusi Shongwe, het sy medelye aan hul naasbestaandes betuig. Hy skop môreoggend sy departement se padveiligheid bewusmakingsveldtog in die Thembisile Hani-munisipaliteit af. Dit fokus op die R573, ook bekend as die Moloto-pad, een van die besigste roetes wat Mpumalanga met Limpopo en Gauteng verbind.