Meer as net ‘n fliek in pajamas!

Loading player...
Finesse Voelgoed bied binnekort weer hulle “Fliek in pajamas”-geleentheid aan. Natuurlik kan so ‘n aand nie verbygaan sonder dat daar nie teruggeploeg word nie. Solidariteit Helpende Hand se Boesemvriendinneprojek baat by die geleentheid. Venessa Schoeman, handelsmerkbestuurder van Voelgoed Media en René Roux, Helpende Hand se adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie, gesels nie nét oor die geleentheid nie, maar ook oor hoe hulle paaie gekruis het. Hulle verduidelik ook hoe elkeen nie net alleen nie, maar ook saam, ‘n verskil maak.
29 Sep 2022 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Janie Bay skryf ode aan Jan Bloukaas

“Musiek is die mooiste geskenk wat vir ons gegee is. Ek weet nie hoe mense sal ‘cope’ sonder musiek nie. Dit is waarnatoe jy gaan – jou toevlug wanneer jy nie weet wat om te doen nie.”
11 Apr 14 min

Lesse geleer by Capitec

In sy boek 'Capitec, Stryd met die grotes', sit TJ Strydom uiteen hoe Capitec dit kon rekry om een van die grootste banke in Suid-Afrika te word.
3 Apr 2 min

Pieter Smith tokkel snare vir kinderoortjies

Ons ken hom vir treffers soos “Stukkie van der Merwe” en “Willemina van Gezina”, maar nou maak die sanger en liedjieskrywer Pieter Smith musiek vir heelwat jonger ore.
17 Mar 10 min