
DA bekommerd oor landelike veiligheid na jongste plaasmoord
Loading player...
Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen dat landelike veiligheidseenhede heringestel word en landelike gemeenskapspolisieëringseenhede op die been gebring word. Dit volg op nog ‘n plaasmoord in die provinsie die week.
Jessie Henry Coleman (72) is Dinsdag vasgebind in ‘n plas bloed in sy huis op sy plaas naby Delmas gevind. Hy was ook ‘n veearts in Benoni. Volgens Jane Sithole van die DA is misdaad buite beheer.
Jessie Henry Coleman (72) is Dinsdag vasgebind in ‘n plas bloed in sy huis op sy plaas naby Delmas gevind. Hy was ook ‘n veearts in Benoni. Volgens Jane Sithole van die DA is misdaad buite beheer.