Die Real Brêkfis met Neville D, Benescke, Francois en Charl bring daagliks vir jou getuienisse en stories wat hoop bring. Skakel daagliks rondom 07:40 in vir jou nuutste storie.
Die Real Brekfis-span het gesels met ouerskapkenner, Gretha Wiid wat praktiese wenke gee oor hoe ouers met die nuwe skooljaar kinders prakties en emosioneel kan bystaan.
Die Real Brekfis (06:00-09:00) het gesels met Christel Smith (bekend vir haar vroeëre rol as Tarien in Egoli), wat tans in Los Angeles woon. Hulle huis was een van die eerstes wat tydens die jongste veldbrande afgebrand het.
Ons tel die dae af tot Kersfees. Kerstyd is vir sommige 'n heerlike tyd. Vir ander is dit iets wat jou 'n knop op die maag gee. Die Real Brekfis (06:00-09:00) met Neville D, Benescke en Francois het gesels met Lynette Beer, motiveringspreker en lewensafrigter oor hoe jy dit beter…
Jesus se groot opdrag was dat ons moet uitgaan en mense dissipels maak. Emerge missions School doen dit al vir jare. Vanoggend gesels ons met sendeling en pastoor Sias Le Roux. Volgende week is sy 25ste keer dat hy Nepal toe gaan.
Vandag was Diabetesbewusmakingsmaand en die Real Brêkfis-span het gesels met Hannie Williams, suster van Klininurse wat haarself toewys om mense in te lig en op te voed rondom diabetes.
Vandag vier ons 'Digital Parenting Day!' | Die Real Brekfis-span (06:00-09:00) het gesels met Rianette Leibowits, ouerskapkenner en skrywer van die boek, Maak jou kind skermslim. Met die regte hulpmiddels kan jy jou kinders se veiligheid in die digitale wêreld verseker. Oorweeg slim apps soos Kaspersky, Family Link en FYI…
Kunste is gesond | Die Real Brêkfis se Neville D en Benescke (06:00-09:00) het gesels met Margit Meyer-Rödenbeck oor hoe sy voel oor die regering se R20 miljoen wat in die volgende twee jaar gebruik gaan word vir nuwe produksies. Sy sê mense wil stééds lag! Margit se produksie, Ouma…
Prevention is better than cure. Hierdie woorde geld vir borskanker. Die Real Brêfis (06:00-09:00) se Neville D en Benescke het gesels met Dr. Pieter Henning oor die Screen Her, Save Her veldtog van Atterbury Trust. Volgende week (16-20 September 2024) kan jy van Maandag tot Vrydag by die Richmond Corner…
Die Real Brekfis (06:00-09:00) se Neville D, Benescke en Francois het gesels met legende Steve Hofmeyer oor sy 60ste verjaarsdag en die Ikoon-konsert wat op 29 Maart 2025 plaasvind.
Die Real Brekfis (06:00-09:00) se Neville D, Benescke en Francois het gesels met Dr Lizelle Grobler, gesertifiseerde profileerder en forensiese psigofisioloog met 'n PhD in Metafisiese wetenskap oor haar werk in die polisie en hoe sy haar vaardighede vandag gebruik om uit te vind as iemand vir ons jok.
Die afgelope naweek het die Radio Tygerberg span ontmoet met sowat 250 gemeenskapleiers in MitchellsPlain vir die bekendstelling van die Healing the City-veldtog. Daar is planne gemaak om saam teen bendegeweld op die Kaapse Vlakte op te staan. Die Real Brêkfis se Neville D en Benescke Janse van Rensburg het…
Die Atterbury Trust verskaf jaarliks beurse aan Afrikaanse studente landswyd. Die Real Brêkfis se Neville D en Benescke Janse van Rensburg het gesels met Zahn Hulme, bemarkingsbestuurder van die Atterbury Trust om meer hieroor uit te vind.
Die Real Brekfis-span (06:00-09:00) se Neville D en Benescke gesels met Jo Black oor hulle vinnge uitstappie na Perth, Australia en die opwindende naweek wat voorlê vir hulle, die Springbokke, en Dricus Du Plessis.
Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika is onlangs bekend gemaak. Dit staan nou op 32,9%. Dit beteken 8,2 miljoen mense is werkloos. Magriet Groenewalt, sosiale media kenner het met die Real Brêkfis (06:00-09:00) se Neville D en Benescke Janse van Rensburg gesels oor praktiese wenke vir jou wat soek na werk (waar…
Ons het gesels met Anroux Marais, minister van polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid in die WesKaap. Sy het gepraat oor die statistiek van 80,000 moordsake en 61,000 verkragtingsake wat gesluit is vanaf 2018 weens onvoldoende bewyse. Ook het sy die gemeenskap om te bel na 0800428428 vir hulp.
Die Real Brekfis-span (06:00-09:00) se Neville D en Benescke het met die nuwe Mej. SA, Mia Le Roux gesels. Alhoewel sy gedeeltelik gehoorgestrem is, is haar kroning 'n bewys dat niks in die pad van jou drome behoort te staan nie.
12 Aug 2024 1AM
5 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.