Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
194 Episodes
180 – 194

Staan op en loop

Christine Ferreira gesels met Lizelle Stoltz oor die hoe om die effek van egskeiding op jong kinders te bestuur na aanleiding van haar boek Pikkies se ouers skei. Hilda Steyn gesels oor Hekel en word heel 2 en Melissa Platt van Footprints4Sam vertel oor dié liefdadigheidsorganisasie se jongste inisiatief.
27 Apr 2021 1 hr 43 min

Maak 'n verskil

Christine Ferreira gesels met prof Jonathan Jansen oor sy nuwe boek Learning Lessons. Veronica Scholtz vertel meer oor ‘n splinternuwe Christelike uitgewershuis, genaamd LUCA. En Chrismarie Barnardt gesels oor hoe jy ‘n verskil kan maak om om ons planeet te bewaar
20 Apr 2021 1 hr 39 min

Uitdagings en probleme uniek aan vroue

Christine Ferreira gesels met Dr. Truida Botha oor emosionele uidagings en probleme uniek aan vroue. Dan gesels sy met sanger RitaLi oor haar jongste album en dan met Corinne Badenhorst and Anique Jordaan oor hulle boek "Blinker vir 'n Blomtuin."
13 Apr 2021 1 hr 37 min

Die omvang van dwelmmisbruik in ons skole

Christine Ferreira gesels met joernalis, Julian Jansen, oor sy nuwe boek Pa’s sonder seuns, Adrie Vermeulen van SANCA vertel oor die omvang van dwelmmisbruik in ons skole en Florien Deysel, stigter van stigter van Queen Red Ant for Missing Persons A Division of Without A Trace Foundation wat onder meer…
6 Apr 2021 1 hr 40 min

Die krag van woorde

Christine Ferreira gesels met Marilize Janse van Rensburg oor die krag van woorde, goed én sleg, asook met mediese dokter, Michael Mol en skrywer, Dalene Reyburn oor hulle nuwe dagstukkieboek Apples of Gold.
23 Mar 2021 1 hr 36 min

Hoop

Christine Ferreira gesels met Susann Moolman & Amande de Lange oor hoop en Melissa Delport vertel hoe kos genesing vir ons liggaam bring.
16 Mar 2021 2 hr 01 min

Ons gesels geldsake

Christine gesels met Theo Vorster oor sy boek "Jou geldsake - Hou kop in onseker tye", met Douglas Kruger oor die Bybelse beginsels van rykdom en armoede, en met Wilna Labuschagne oor haar tuisonderneming, Die Broodblik.
9 Mar 2021 1 hr 39 min

Raising a Prince, The joy of rearing a whole man

In hierdie aflewering van Met hart & siel gesels Christine Ferreira met ingenieur, spreker, lewensafrigter en skrywer, Gail Jacobs, oor haar boek Raising a Prince The joy of rearing a whole man, Trudie van Tonder gaan vertel oor die Kuier-kuier Kersmark wat binnekort in Kimberley plaasvind, kunstenaar-predikant Marius Jooste gaan…
17 Nov 2020 1 hr 36 min

10 November 2020

In hierdie aflewering van Met hart & siel gesels Christine Ferreira met die bekende romanskrywer, Juanita Aggenbach. Schalk Schoombie gee ‘n paar aanbevelings vir lekker lees- en kykstof en die program word afgesluit met ‘n gesprek met predikant, Jacques Bornman oor die pad wat hy en sy vrou, Lizl, die…
10 Nov 2020 1 hr 37 min

3 November 2020

Tydens hierdie aflewering van Met hart & siel gesels Christine Ferreira met skrywer, Maretha Maartens, oor ‘n splinternuwe roman uit haar pen, sy gesels ook met Tanja (skuilnaam) oor wie Maretha se verhaal handel en daarna vertel Ingrid Wolfaardt van Prins Albert oor die gemeenskapswerk wat in dié mooi Karoo-dorpie…
3 Nov 2020 1 hr 38 min

Die Nuwe Verklarende Studiebybel

Tydens hierdie uitsending van Met Hart & Siel gesels Christine Ferreira met Chris Johnson oor ‘n nuwe Verklarende Studiebybel wat eersdaags op die rakke sal wees. Verder gesels Estelle Venter oor die Bybelse betekenis van die mossie. Jozua Ehlers gesels oor die krag van gebed en Karen Swanepoel deel haar…
20 Oct 2020 1 hr 36 min
180 – 194