Almal wat lief is vir Afrikaanse musiek ken sekerlik die treffer “Wil jy dans, Carina?”. Maroela Media het met die sangpaar Francois en Elizabeth Fourie gesels om uit te vind hoe gaan dit deesdae met die twee. Die Fouries het hulle mooiste herinneringe van hulle musiekloopbaan gedeel en meer oor…
“Aan die ander kant sien ek geleenthede, vooruitgang, self-doen en ʼn toekoms vir ons kinders, ons land en ons almal, mits ons besef dat hierdie dinge nie vanself gaan gebeur nie.”
Jan Gouws, direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media gesels oor die jongste tendense in sy organisasie se Wêreldwaarnemingslys vir 2021. Gouws verduidelik ook hoe jy kan betrokke raak en vervolgde Christene wêreldwyd kan ondersteun.
Maroela Media bespreek die jongste nuus oor die onderwys. Natasha Smit,’n geregistreerde dieetkundige, gee ook ’n paar wenke oor hoe onderwysers, ouers en leerders ’n gesonde 2021, wat volhoubaar is, kan aanpak.
As ma van ʼn vierjarige woelwaterseuntjie was die sangeres Cordelia onlangs tot stilstand geruk deur die nuus van die afsterwe van ʼn dogtertjie met terminale kanker met wie sy as ambassadeur vir die Arms of Mercy-organisasie ʼn lang pad voor haar dood gestap het.
Karl Kemp het van die tuinbougebied Philippi, diep in die hartjie van Kaapstad se bendegebied, tot by die veselperske-plantasies van Tzaneen gereis om met mense oor die kwessie van grondbesit te gesels. Op die manier bied Kemp aangrypende perspektiewe oor die gronddebat in Suid-Afrika. Hy het met Maroela Media oor…
Miljarde rande het saam met die droom van die bank verdwyn, wat hom bemark het as ʼn vreeslose voorstander van swart vooruitgang, en dit was meestal mense wat dit reeds nie breed gehad het nie, wat hulle laaste spaargeldjies met dié bank se ineenstorting verloor het. Dewald van Rensburg het…
Maroela Media het met Eric Edmeades gesels om uit te vind wat sy benadering tot gesondheid en gesonde eetgewoontes is. Hy het wenke gegee oor hoe om jou verhouding met kos vandag nog te verander en ʼn gesonder lewe te begin lei.
Prof Anton Harber het vir twee jaar tientalle onderhoude gevoer met politici, joernaliste, polisiemanne en fluitjieblasers voordat hy twee merkwaardige verhale oor joernalistiek in dié tyd saamgevoeg het. En dit lees soos spioenasieriller.
Op sy dag was lord Peter Hain ʼn kampvegter teen apartheid en ʼn Britse kabinetsminister, en nou veg hy steeds vir geregtigheid in Suid-Afrika. Hy het sy stem intussen gevoeg by dié van talle omgewingsaktiviste wat pleit om die bewaring van Afrika se natuurlewe. Hain het met Maroela Media oor…
Bonné de Bod, omgewingsjoernalis en die bekroonde vervaardiger en aanbieder van natuurlewe-dokumentêre soos "STROOP" en "Kingdoms of Fire, Ice and Fairytales", het met Maroela Media telefonies van Johannesburg af gesels oor die grootste omgewingstories van 2020.
Dit is ʼn hartverskeurende werklikheid in Suid-Afrika: sowat 3 000 kinders word jaarliks in ons land weggegooi. ʼn Plek wat ʼn alternatief wil skep vir hierdie babas is Door of Hope Children’s Mission in Johannesburg.Desirae Pillay, kommunikasiebeampte van die organisasie, het uit Glenvista met Maroela Media gesels oor die werk wat…
Ivor Swartz, leraar van Oosterlig-gemeente in Pretoria en skrywer van Die verlore seun vannie gaatjie, het ʼn spesiale boodskap vir Kersdag vir Maroela Media opgeneem. Swartz hoop dié nuus plaas ʼn lied van dankbaarheid in ons elkeen se hart, soos die een wat Maria gesing het toe sy gehoor het…
“Dit is moeilike tye wat ʼn mens weer op jou knieë bring waar jy rus kan vind op die Skepper se borskas. Die hele album praat oor die intimiteit wat ek beleef in my verhouding met Hom.”
’n Mens kan nie help om te vra wat sou 2021 vir ons inhou nie? As ons ʼn verhouding soos Moses met ons Skepper kan bou, kan ons onder Sy Hand verskilmakers word. Kom luister na Esté Geldenhuys se Nuwejaarsboodskap op Maroela Media.
Weet jy dat Jesus jou liefhet? Sy liefde vir jou het Hom gedring om ter wille van jou aan die kruis te kon hang. Het jy al die keuse gemaak om Hom as jou verlosser aan te neem? Kom luister na Esté Geldenhuys se Kersboodskap op Maroela Media.
Die 2020-redaksie van "Stroom-op" van die Affies-meisies het vroeër vanjaar voor die aanvang van die Covid-19-pandemie by Maroela Media kom inloer. Maroela Media het die geleentheid gehad om met die redaktrise, Marisha Hermann, en twee van die redaksielede, Xannée Jacobs en Anomé Victor, in ons ateljee te gesels oor Afrikaans,…
Die toerleier Marius du Plooy vertel ons van dié bekoorlike kuslyn in Italië in vandeesmaand se aflewering uit die reeks podsendings "Brandhout vir die oudag".
Die toerleier Marius du Plooy vertel meer oor die Toskaanse streek in Italië, wat selfs al talle van ons eie plaaslike kunstenaars bekoor het. Skink vir jou ʼn heerlike koppie boeretroos en span uit terwyl jy na die vertelling luister.
10 Dec 2020
6 min
720 – 740
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.