Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,137 Episodes
700 – 720

50 jaar van diens aan vervolgde Christene

Geopende Deure Suider-Afrika vier op 10 Mei sy 50ste bestaansjaar. Dié sendingsorganisasie werk die afgelope 50 jaar saam met die kerk in Suider-Afrika om vervolgde Christene in talle lande oor die wêreld heen te versterk en te ondersteun. Jan Gouws het van sy hoogtepunte in die jare by die organisasie…
4 May 2021 8 min

Boer kry ʼn vrou … én ʼn sangmaat!

Die immergewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou het vanjaar iets baie meer spesiaal opgelewer as nét ʼn boer wat die regte pasmaat gevind het om sy lewe mee te deel.
16 Apr 2021 12 min

Hoe hou Wagter wag?

Hoe gaan dit met die werkende hond in Suid-Afrika, en hoe lyk hierdie honde se verhouding met hul hanteerders? Anton Coetzee is tans by ’n navorsingsprojek betrokke wat die welstand van die werkende hond in Suid-Afrika ondersoek. Sy navorsing wil juis antwoorde op hierdie soort vrae verskaf en hy het…
14 Apr 2021 11 min

Help om 280 boere se kinders op skool te hou

Ds. Deon van der Berg, stigter van Beginet, het Esté Meyer Jansen van Maroela Media vertel van die uitdaging om R4,9 miljoen se skoolgeld in te samel om boere van die droogtegeteisterde Noord-Kaap te help om hul kinders vir die volgende jaar op skool te hou.
14 Apr 2021 6 min

Geopende Deure Suider-Afrika vier 50 jaar van geloof, hoop

Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die organisasie se besonderse mylpaal. Gouws vertel ook hoe jy kan deel in hulle feesvieringe vir inspirasies en getuienisse uit die vervolgde kerk.
13 Apr 2021 8 min

Maroela se landbouportaal skep ’n tuiskomplek vir boere

Boer, Maroela Media se splinternuwe landbouportaal, sal lesers wys dat landbou in Suid-Afrika iets is om op trots te wees. Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, en Du Preez de Villiers, Maroela Media se landboujoernalis, het met Esté Meyer Jansen gesels oor dié landbouportaal wat in April op die…
7 Apr 2021 9 min

Só lyk die wêreld van bendes

Hoekom groei bendes steeds? Wat lok ʼn kind so jonk as twaalf na ʼn bende, en hoekom slaag sommige daarin om tog uit die kloue van die “gangs” te ontsnap? Die skrywer Carla van der Spuy het in haar jongste boek met geharde, en gerehabiliteerde bendelede gesels en lê so…
12 Mar 2021 15 min

Kan geld geluk koop?

Albert van Wyk het op skool reeds sy eerste tree in entrepreneurskap gegee, en as 22-jarige het hy reeds sy eerste miljoen in die sak gehad. Tog kom hy uit ʼn doodgewone middeklashuis in Pretoria se goeie ou Moot-omgewing. In sy jongste boek maak hy boonop die kontroversiële stelling dat…
12 Mar 2021 14 min

Tania Strauss: Haal asem en weet God wil jou vashou

Tania Strauss, is ʼn gospelsangeres en motiveringspreker, asook die stigter en direkteur van die Annebel-stigting. Sy is ʼn ma van twee kinders en ook ʼn skrywer. Haar jongste boek “Haal asem” is ʼn kykie na die lewe in ʼn doodgewone huisgesin en dit bevat ook haar eie persoonlike getuienis van…
12 Mar 2021 22 min

Luister: Irene-Louise bemoedig Evasgeslag met popmusiek

“Aan die een kant is sosiale media ʼn wonderlike platform vir die bevordering van sekere maatskaplike kwessies, maar aan die ander kant is dit ongelooflik sleg vir mense se geestesgesondheid – myne ook.”
12 Mar 2021 8 min

Covid-19 vererger pandemie van mishandeling, uitbuiting teen vroue

Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die uitdagings wat veral Christenvroue ervaar. Gouws vertel dat Paastyd ʼn tyd is waarin vervolgde Christene selfs meer vervolging vir hul geloof ervaar. Hy het ook die hartseer verhaal vertel van Hajaratu…
9 Mar 2021 8 min

Selfs gehoorverlies kon nie haar musiekdroom kelder

"As God ʼn doel met jou lewe het, gaan geen struikelblok of persoon jou verhoed om daardie doelwit te bereik nie." Alida het telefonies met Maroela Media gesels oor haar getuienis van hoe haar gehoor wonderbaarlik herstel het. Sy vertel ook meer oor haar jongste musiekvideo wat vir die snit…
1 Mar 2021 14 min

Wilha Carstens: Van ‘Die Kontrak’ tot kollig

“Alles het my gelei tot hier waar ek nou sit.” Só gesels Wilha Carstens met Leonie Bezuidenhout van Maroela Media oor sy musiek. Vandag verstaan hy waarom die lewe hom op kronkelpaaie geneem het tot waar hy nou is. “Dit is ʼn reis, en twee jaar na die program is…
26 Feb 2021 12 min

Drie dekades se getuienisse van vervolgde Christene se geloof

“Hoe kan jy nie verander word deur die getuienis van ʼn vervolgde Christen nie?” Jan Gouws het met Maroela Media gesels oor sy dertig jaar by Geopende Deure Suider-Afrika. Hy vertel hoe vervolgde gelowiges se getuienisse hom steeds aanraak en van die kere toe hy self Bybels vir die mense…
11 Feb 2021 8 min

Helpende Hand stel multimiljoen studiehulpskema bekend

Maroela Media het met Stefan Pieterse, hoof van Helpende Hand se Studiefondssentrum, gesels oor die studiehulp van R48 miljoen wat die sentrum vanjaar aan Afrikaanse studente beskikbaar gestel het. Hiermee kan 1 200 jong mense by geakkrediteerde tersiêre instelling met ʼn rentevrye studielening gaan studeer
5 Feb 2021 8 min

Studiehulp gee May-Li Swanepoel se drome vlerke

Studiehulp van Helpende Hand se Studiefondssentrum het May-Li Swanepoel, tans ʼn finalejaarstudent aan Akademia, se studies moontlik gemaak. Sy het Maroela Media gesels oor die droom wat vir haar bewaarheid is, hoe sy ook nou self terugploeg in haar gemeenskap en vertel daar is altyd rede om te droom.
5 Feb 2021 4 min
700 – 720