Wat beteken dit om ʼn verantwoordelike digitale burger te wees? Hoe verseker jy dat jy en jou gesin jul deel in die aanlyn wêreld doen en waarde toevoeg, terwyl jy tegelykertyd uitkyk vir die slaggate én die geleenthede aangryp? In dié episode van "Rianette en die Internet" gee Rianette omvattende raad, en…
“Ek het lekker gerus vir vier jaar. Dit was goed vir my en my kop, maar ek het besef ek kan nie so aangaan nie. Musiek is my passie en dit sal altyd so bly.”
Johan van der Walt het bande met ʼn agentskap wat kan baat by die omstrede en peperduur ooreenkoms wat SA Toerisme met die elite- Britse sokkerklub Tottenham Hotspur wil aangaan.
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag hofstukke op die regering beteken waarin die vakbond die verklaring van ʼn nasionale ramptoestand om die kragkrisis te pak ter syde wil laat stel. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, verduidelik waarom hulle die hof nader.
Vandat sy ʼn klein dogtertjie was, het haar ma haar dit op die hart gelê hoe belangrik dit is om te bid vir die regte man, vertel Elizma Theron aan Maroela Media.
Rianette gesels oor die moets en moenies wat jy in ag moet neem as jy jou nuwe liefde aanlyn wil ontmoet met die doelwit om ʼn gesonde verhouding met die persoon te begin.
Afrika suid van die Sahara staar ʼn enorme humanitêre katastrofe in die gesig, soos wat die vlaag godsdienstig gemotiveerde geweld vanaf Nigerië oor die res van die streek versprei. Maroela Media het met Elizabeth Botha, mediabeampte van Geopende Deure Suider-Afrika, gesels. Sy meer vertel die organisasie se jongste Wêreldwaarnemingslys, hoe…
“Daar is net een mens presies soos jy – en dis jy! Jy is jy vir ’n rede.” Só sê Aletté-Johanni Winckler, ’n voorkomskonsultant en bestuurder van Girl-School, ’n afrondingskool vir meisies, in die vierde episode van haar podsendingreeks oor etiket, selfbeeld en selfvertroue op Maroela Media. Kom luister hier!
In hierdie episode van "Rianette en die Internet" praat Rianette oor die invloed van selfies en hoe dit selfwaarde kan beïnvloed, veral by ons kinder. Dalk staan jy nie ure en foto’s van jouself neem nie, maar dit is wel belangrik om te verstaan hoekom dit so groot tydverdryf is,…
Maroela Media het agter die skerms by die geskiedkundige Mark Teater in Newtown, Johannesburg, gaan kuier, waar Cintaine Schutte en Albert Pretorius in die produksie “Tien duisend ton” tot 5 Februarie te sien is.
Op 13-jarige ouderdom was sy stem reeds sterk en bulderend, net soos dié van sy pa en twee broers, vertel die akteur en stemkunstenaar Anton Dekker in Maroela Media se ateljee.
Rianca en Johan Janse van Rensburg, mede-eienaars van Klerekas.com, vertel hoe hulle onderneming deur aanlyn skelmstreke geknou is, en deel hoe hulle die situasie beredder het.
27 Jan 2023
17 min
420 – 440
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.