GROOTfm 90.5 Annelie Bouwer

Annelie Bouwer

#BrunchMetAnnelie vermaak jou weeksdae van 9 tot 12, en Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaan. Annelie is ernstig daaroor om 'n verskil in die gemeenskap te maak. Sy inspireer luisteraars spontaan en moedig mense aan om hul ingesteldheid te verander van; "Ek kan nie help nie, want ..." tot, "Miskien kan ek dit nie doen nie, maar hier is wat ek KAN doen!" Annelie het ook 'n talent om op 'n persoonlike, onkonvensionele en vermaaklike manier met haar luisteraars te verbind. Sy laat mense op hul gemak voel – of jy nou 'n gas in die ateljee of luisteraar is. Diep en betekenisvolle oomblikke word gedeel tydens #LOSITBETER en #SpreekLewe. Die bekroonde “Kom Ons Praat Daaroor”-geselsprogram vorm ook deel van #BrunchMetAnnelie. Die meeste mense is van mening dat ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag is, maar Annelie sê brunch is! Veral as dit deur hierdie rooikop bedien word! Smaaklike ete!
Weekly Afrikaans South Africa Music
409 Episodes
360 – 380

Praat ek luister - Pleegsorg

Ds. Wynand van Niekerk van Moncare gesels oor Pleegsorg wat dit behels hoe dit werk en beantwoord moontlike vrae van voornemende Pleegouers
23 Oct 2020 15 min

Spreeklewe - Jy is geseënd

Weet jy dat jy geseënd is? Die wereld se prentjie van rykdom laat ons soms vergeet van alles waarmee ons geseën is en dat ons eintlik ryk is.
21 Oct 2020 8 min

Spreeklewe - Moenie kwaad met kwaad vergeld nie

Ons kyk na Spreuke 24 en Romeine 12:21 nadat Annelie op die volgende aanhaling van Fredriech Nietzsche afgekom het: "Beware that, when fighting monsters, you yourself do not become a monter... for when you gaze long into the abyss, the abyss gazes also into you"
7 Oct 2020 9 min

Praat ek luister - Disleksie

Annelie gesels met Spraakterapeut en Disleksie kenner Elna verhoef oor Disleksie; wat dit veroorsaak en die behandeling daarvan.
10 Sep 2020 18 min

Spreeklewe - Moenie Bang wees nie

Ons kyk na Jesaja 43:1-7 Wat sê "Moenie bang wees nie" Alhoewel 'n mate van angs nie sleg is nie en selfs daai vuur kan maak wat jy nodig het om belangrike besluite te neem ens. moet ons versigtig wees dat 'n oormaat van angs nie ons lewe oorneem nie.
2 Sep 2020 9 min

Praat ek luister - OCD

Annelie het met Dr. Pierre Malherbe 'n psigiater van Pretoria gesels oor OCD oftewel Obessesief-Kompulsiewe Versteuring. Wat is dit, wat veroorsaak dit en kan dit behandel word.
27 Aug 2020 17 min

Spreeklewe - Dankbaarheid

Annelie praat oor dankbaarheid en kyk na 1 Tessalonisense 5:16-18. Sy praat oor oom Freddie Blom wat die oudste man in SA was en die voorbeeld van dankbaarheid wat hy gestel het.
26 Aug 2020 5 min

Suzette Ferreira - Annique Theron

Ter viering van vrouemaand gesels Annelie met die dogter van Dr. Annique Theron - Suzette Ferreira. Hulle gesels oor die maatskappy wat haar ma begin het, die Rooibos "ontdekking" haar ma as besigheidsvrou en entrepeneur en as voltydse ma.
21 Aug 2020 10 min

Spreeklewe - Geloof en Hoop = Volharding

Ons kyk na Heb 11. 1 en 2 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met…
19 Aug 2020 5 min

Praat ek luister - PTSD

Annelie gesels met Dr. Melissa Janse van Rensburg oor Post Traumatiese Stres Versteuring. Wat is die simptome, hoe word dit behandel en waar kan mens hulp kry.
13 Aug 2020 16 min

Praat ek luister - Verslawing - Anel Bekker

Hierdie week fokus ons op Verslawing. Anel Bekker is 'n verslawings spesialis wat met Annelie kom gesels het oor wat verslawing is, hoe dit behandel word en waar mens kan hulp kry.
6 Aug 2020 22 min
360 – 380