GROOTfm 90.5 Annelie Bouwer

Annelie Bouwer

#BrunchMetAnnelie vermaak jou weeksdae van 9 tot 12, en Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaan. Annelie is ernstig daaroor om 'n verskil in die gemeenskap te maak. Sy inspireer luisteraars spontaan en moedig mense aan om hul ingesteldheid te verander van; "Ek kan nie help nie, want ..." tot, "Miskien kan ek dit nie doen nie, maar hier is wat ek KAN doen!" Annelie het ook 'n talent om op 'n persoonlike, onkonvensionele en vermaaklike manier met haar luisteraars te verbind. Sy laat mense op hul gemak voel – of jy nou 'n gas in die ateljee of luisteraar is. Diep en betekenisvolle oomblikke word gedeel tydens #LOSITBETER en #SpreekLewe. Die bekroonde “Kom Ons Praat Daaroor”-geselsprogram vorm ook deel van #BrunchMetAnnelie. Die meeste mense is van mening dat ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag is, maar Annelie sê brunch is! Veral as dit deur hierdie rooikop bedien word! Smaaklike ete!
Weekly Afrikaans South Africa Music
409 Episodes
380 – 400

Spreeklewe 5 Augustus 2020

Elke Woensdagoordink en beleef ons God se liefde en genade en raak ons net weer vir ‘n oomblik stil in Sy teenwoordigheid. Hierdie week kyk ons na Ef.2:13-18
5 Aug 2020 4 min

Spreeklewe 29 Julie 2020

Saam oordink en beleef ons God se liefde en genade en raak ons net weer vir ‘n oomblik stil in Sy teenwoordigheid. Hierdie week kyk ons 1 Pet 5:5b-7
29 Jul 2020 5 min

Brunch met Annelie/Praat ek Luister - ADHD- Jacoleen Vogel

#PraatEkLuister probeer fokus op geestesgesondheid en emosionele probleme waarmee luisteraars sukkel. Hierdie week het Annelie met Jacoleen Vogel, ’n Opvoedkundige Sielkundige, gesels oor ADHD/AGHS by Kinders en hoe om dit te hanteer. Dit na aanleiding van 'n luisteraar se vraag wat sê dat sy vermoed haar kind het ADHD
25 Jun 2020 20 min

Brunch met Annelie/Praat ek Luister - Narsisme- Riette Rust

#PraatEkLuister probeer fokus op geestesgesondheid en emosionele probleme waarmee luisteraars sukkel. Hierdie week het Annelie met Riette Rust, ’n skrywer en bekroonde vryskutjoernalis, gesels oor Narsisme en hoe om dit te hanteer. Dit na aanleiding van 'n luisteraar se vraag oor hoe om saam met haar Narsis man saam te…
18 Jun 2020 20 min

Brunch met Annelie - Moses Metro Man

Moses Metro Man het by Annelie in die ateljee kom kuier en kom gesels oor lockdown, die band wat nou 10 jaar oud is en natuurlik hulle nuwe musiek.
17 Jun 2020 13 min

Jako Meyer onderhoud

Ek en Jako Meyer gesels oor sy nuwe album Middernag Kantoor; Moses Metro Man en natuurlik Lockdown.
11 Apr 2020 6 min

Dans Dans Lisa

Bouwer Bosch en Deon Meiring van Dans Dans Lisa gesels oor hulle nuwe EP #Skrikkeljaar, hoe hulle musiek verander het; wat hulle laat beluit het om nou weer saam te werk en hulle gee 'n paar tips vir die Lockdown
4 Apr 2020 11 min

Spoegwolf

Spoegwolf het by #5to9metAnnelie op Die Groot Alternatief kom kuier! Luister hier na die volle onderhoud.
1 Jun 2019 17 min

Romanz Onderhoud

Die manne van Romanz het by Annelie in die ateljee kom kuier en opgewonde gesels oor hulle reünie vertoning by Gospel Skouspel sowel as waarmee hulle die laaste ruk besig was.
24 Aug 2018 15 min

Grootskerm - Oceans 8

Regisseur: Gary Ross Skrywers: Gary Ross; Olivia Milch Akteurs: Sandra Bullock; Cate Blanchett; Anne Hathaway; Mindy Kaling; Sarah Paulson; Awkwafina; Rihanna; Helena Bonham Carter Die rolprent volg op 'n groep vroue, onder leiding van Debbie Ocean (Sandra Bullock), die suster van Danny Ocean, wat 'n hoogs gesofistikeerde inbraak by die…
30 Jun 2018 4 min

Celebrityvat5 - Ivan Botha

Ivan Botha was braaf genoeg om aan Annelie Bouwer se #Celebrityvat5 deel te neem. Hier is sy antwoorde op al haar lawwe vrae. #5to9metAnnelie
30 Jun 2018 4 min

John Owens Tekkie Tax Hobbo dag

Annelie het met voormalige Mnr. Suid Afrika en Tekkie Tax ambassadeur John Owens gesels oor hulle Tekkie Tax Hobbo dag inisiatief.
27 Jun 2018 6 min

Grootskerm - Deadpool 2

Akteurs:Ryan Reynolds, Josh Brolin, Morena Baccarin, Zazie Beetz, Brianna Hildebrand, Brad Pitt, Regiseur: David Leitch Annelie gee hierdie een 'n 7.5 uit 10 DeadPool 2 vervolg op die eerste film. Wade Wilson het die afgelope 2 jaar baie suksesvol as huursoldaat en superheld misdaad laat les opsê. Maar nadat een…
26 May 2018 4 min

Grootskerm - The Post

Regisseur: Steven Spielberg Akteurs: Meryl Streep, Tom Hanks, Sarah Paulson, Bob Odenkirk, Bradley Whitford, Bruce Greenwood, Matthew Rhys, Alison Brie Skrywers:Liz Hannah, Josh Singer Annelie gee hierdie een 'n 8enhalf uit 10! The Post die ware verhaal van die eerste vroulike uitgewer, Kay Graham en pogings deur joernaliste by The…
3 Feb 2018 5 min

#Celebrityvat5 - Willem Botha

Willem Botha het die spervuur aangedurf in #5to9metAnnelie se #Celebrityvat5. Luister hier na sy antwoorde
27 Jan 2018 21 min

Celebrityvat5 - Jako Meyer

Die sanger Jako Meyer van die band Moses Metroman wat ook nou 'n solo kunstenaar is het aan #5to9metAnnelieBouwer se #Celebrityvat5 deelgeneem.
20 Jan 2018 5 min

Grootskerm - The Commuter

Regiseur: Jaume Collet-Serra: Akteurs: Liam Neeson, Vera Farmiga, Patrick Wilson, Jonathan Banks, Elizabeth McGovern. Skrywers: Byron Willinger; Philip de Blasi;Ryan Engle. Annelie gee dit 'n 5.5 uit 10
20 Jan 2018 3 min
380 – 400