As jy ‘n objektiewe siening van jou omstandighede wil hê, sal jy moet wegtree om beter te kan sien! “Omstandighede” hang af van waar jy staan (stand) ten opsigte van dit wat voel of dit jou omsingel.
Nader tot God en Hy sal tot jou nader (Jak.4.:8) sodat jy deur Sy nabyheid in jou eie lewe, nader gedring word aan jou naaste en sodat jy met hande en voete diensbaarheid God se nabyheid, vir ander ook ‘n werklikheid kan maak.
Ek dink nie ‘n leier is noodwendig iemand wat vir sy mense net “stappies om te volg” gee nie. Hy doen méér as dit! Hy is bereid om voor te loop en deur sy voetstappe die rigting aan te dui! Wees só ‘n leier en volg so ‘n leier –…
Hoe hoog is die standaard van liefde en omgee, respek en integriteit waartoe God ons roep? Ons kyk na 1 Pet.2 “Christus wat vir ons gely het, is ons voorbeeld! Volg in Sy voetspore!” en Ef. 5 in die Message se “Observe Christ”, “Watch… and learn!”
As die gebrek aan integriteit van leiers in posisies jou frustreer, is dit juis die tyd om as intensionele leier voor jou eie deur te vee en seker te maak jy dien God met ‘n heelheid en konstantheid - ‘n onverdeelde hart en mond!
Nou is die tyd! Sal ons bereid wees om vorentoe te tree en te sê “volg my… soos ek vir Jesus volg!” (1 Kor.11:1) En is ons besig om die “stappe tot ‘n beter Suid-Afrika” te volg – die voetstappe van Jesus?
God se familie en vriende (9). Ons omgee vir mekaar en ons aangee van God se gee in watter vorm ook al, is ook die aangee van God se nabyheid in mense se lewens.
God se familie en vriende (8). Ons antwoord op Jesus se “gaan tot by die uithoeke van die wêreld” om mense deel te maak van God se familie, begin soms by die 3 sekondes wat ons bereid om te wag by die stopstraat of wanneer ons sien iemand se skouers…
23 Oct 2017 11PM
5 min
300 – 320
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.