
Afrikaans


Wats Op Die Menu?
Podcast · GROOTfm 90.5
Doepie en Nina deel daagliks maklike en lekker resepte met jou op pad huistoe sodat jy nie hoef te bekommer oor aandete nie.

Weet
Podcast · Maroela Media
"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans…

Weg Stories
Podcast · Huisgenoot
Weg! Stories - Die beste rubrieke, reisstories, onthou stories en wildestories in Afrikaans. Elke twee weke doen ons 'n voorlesing van een van die beste stories uit Weg-tydskrif se argiewe. Ons gaan ook gesels met die skrywers, en hou ook die spasie dop vir bonus episodes.

Wiele2Wiele
Podcast · Maroela Media
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Wimpers op lakens
Podcast · Maroela Media
‘Wimpers op lakens’ , ʼn kortverhaalbundel wat deur Sophia Kapp geskryf is, gaan oor die bekende fotograaf Albert Bredenhann se stories en ervaringe van vroue se leefwêrelde. Kom luister saam na Albert se voorlesings van stories soos “Die kind”, “Tot die dood ons skei”, “Letsels” en “Die storie van ʼn…

Woman to Women
Podcast · Eden FM
Woman to Women is a Show that focuses on the positive and negative issues in the life of women. Talking to women in our communities.

Woord Sonder Grense Mannebediening
Podcast · BAASRAAK RADIO
Woord Sonder Grense Mannebediening se saalbyeenkomste by Choose Life Church *(CLC)* vind plaas op Dinsdae oggende vanaf 6:00 tot 7:00 by *CLC* se saal. Die Manne Bediening *DIGITAAL* se *Zoom* byeenkomste word gefasiliteer tesame, en op dieselfde tyd, as die saalbyeenkoms. Julle word vriendelik uitgenooi om by een van die…

Wêreldwys met Jaco Kleynhans
Podcast · Maroela Media
Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak. "Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.

‘Wen-Wenke Agter Die Stuur’ met Goldwagen
Podcast · OFM
Skakel in elke Dinsdag, half-tien, op Mid-Morning Magic vir ‘Wen-Wenke Agter Die Stuur’ met Goldwagen. Jy kan ook weer na al die wenke gaan luister onder ‘podcasts’ by ofm.co.za. Moontlik gemaak deur Goldwagen – die kenners van kwaliteit voertuigonderdele.