Maroela Media Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak.
"Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Politics
37 Episodes
1 – 20

Wêreldwys | SA-weermag verdoem tot mislukking in die DRK | Ep. 36

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met militêre kenner prof. Abel Esterhuyse oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se teenwoordigheid in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) wat toenemend bevraagteken moet word. Operasioneel sukkel ons magte om enige betekenisvolle impak te maak, deels weens onsekere doelwitte en…
21 Feb 38 min

Wêreldwys | Trump gewild ten spyte van globale onvergenoegdheid | Ep. 35

Die Westerse wêreld verkeer jare lank reeds in ʼn reuse-leierskapskrisis met die meerderheid staatshoofde in Westerse lande wat ongewild is en swak mandate van hul kiesers het. Dit blyk of daar in die grootste dele van die Weste groot politieke onvergenoegdheid onder kiesers bestaan, met swak leiers wat nie vermoënd…
13 Feb 41 min

Wêreldwys | Selfs oorlog het reëls | Ep. 34

Die wêreld waarin ons vandag leef, is deurspek met oorloë op elke kontinent – vanaf internasionale konflikte, streekskonflikte en verskeie komplekse burgeroorloë. Selfs oorloë en konflik het egter reëls waaraan dit moet voldoen en beperkinge waarbinne dit moet geskied. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof…
7 Feb 1 hour

Wêreldwys | Man op ‘n missie in ‘n deurmekaar wêreld | Ep. 33

Donald Trump het tydens sy eerste tien dae in die Withuis met selfvertroue, fokus en ʼn duidelike missie weggespring, en hy het reeds reusehervormings van die federale regering, Amerika se immigrasiebeleid, ekonomiese beleid en selfs buitelandse beleid begin implementeer. Gaan Trump in sy doelwitte slaag? Gaan hy die Amerikaners se…
30 Jan 35 min

Wêreldwys | Trump gaan Washington DC op sy kop keer | Ep. 32

In hierdie week se episode van Wêreldwys ontleed ons die gebeure wat tot Trump se verkiesing gelei het, wat ons van die nuwe Trump-regering kan verwag, sy kabinetaanstellings en die wyse waarop Trump sy party en die VSA die afgelope paar jaar verander het.
22 Jan 56 min

Wêreldwys | 2024 se wêreldgebeure in oënskou | Ep. 31

2024 was die jaar van verkiesings. Meer as die helfte van die wêreldbevolking het vanjaar aan ʼn verkiesing deelgeneem, wat beteken groot politieke veranderinge was aan die orde van die dag. In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar, gesels ons met dr. Heinrich Matthee oor die wyse waarop…
17 Dec 2024 33 min

Wêreldwys | Die Trump-protes teen ‘wokeness’ | Ep. 30

Donald Trump se historiese oorwinning in vanjaar se verkiesing was terugskouend ʼn harde protesstem teen ʼn woke Amerikaanse politiek, ver verwyder van die mense op grondvlak. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Koos Malan om die vraag te probeer beantwoord – is dit vir Amerika…
10 Dec 2024 58 min

Wêreldwys | Die Trump-administrasie vs. die diepstaat | Ep. 29

Trump se tweede termyn as Amerikaanse president gaan reuseveranderinge vir Amerika inhou, maar ook vir globale handel en internasionale magsverhoudinge. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons oor die belangrikste kwessies wat ons tydens die tweede Trump-termyn moet dophou.
5 Dec 2024 45 min

Wêreldwys | Die val van beskawings | Ep. 28

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met dr. Ernst Roets oor die krisis waarin die Westerse beskawing verkeer – die dubbele krisis van skuld (guilt) en skuld (debt). Geen ander beskawing dra dié swaar eksistensiële las nie, omdat net die Weste hulself hierteen meet.
27 Nov 2024 51 min

Wêreldwys | Die wêreld se oë is op Washington DC | Ep. 27

Met Trump in die Withuis en die Republikeine wat in 2025 beide huise van die Amerikaanse kongres sal beheer, lê ’n onseker tyd ryk aan geleenthede en risiko’s voor. Hoe moet die privaat sektor, politieke partye en die burgerlike samelewing hierop reageer? Dit is van die vrae wat in hierdie…
21 Nov 2024 32 min

Wêreldwys | Texas vertel die verhaal van Amerika | Ep. 26

Ons kyk in nog 'n spesiale aflewering van Wêreldwys spesifiek na Texas en ontleed dié deelstaat se rol in die verkiesing, met spesifieke klem op onwettige immigrasie. Die grens tussen Texas en Mexiko word besoek, sowel as plattelandse dorpe wat al hoe armer word, die dorp Uvalde waar daar meer…
13 Nov 2024 49 min

Wêreldwys | Trump stoomroller Harris in historiese oorwinning | Ep. 25

In hierdie spesiale uitsending van Wêreldwys vanuit die VSA, bespreek ons hoe Trump hierdie oorwinning behaal het. Wat het gemaak dat gewone Amerikaners deur die geraas in die media gekyk en uiteindelik in hul miljoene vir Trump gestem het? Wat hou dit vir die toekoms van die Republikeinse Party spesifiek,…
7 Nov 2024 37 min

Wêreldwys | Leef die land van die Amerikaanse droom nog? | Ep. 22

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, oor sy waarnemings in Amerika na aanleiding van ʼn onlangse besoek aan die VSA, asook oor die hernude debatte, veral onder konserwatiewe denkers, oor die toekoms van die Weste.
15 Oct 2024 37 min

Wêreldwys | Gelykop stryd tussen Trump en Harris | Ep. 21

In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys doen ons ’n in diepte ontleding van die Amerikaanse verkiesingsveldtog. Die nuutste peilings, die posisie van swaaistate, die werking van die kieskollege en moontlike scenario’s wat kan uitspeel, word bespreek. Hierdie week se uitgawe kan dien as ’n gids vir persone wat op…
9 Oct 2024 53 min

Wêreldwys | Oostenryk skop ook vas teen massa-immigrasie | Ep. 20

In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek ons die verkiesing in Oostenryk en hoe dit dié land, maar ook die res van Europa, kan raak. Die regs-populistiese en sterk anti-immigrasieparty, die Vryheidsparty van Oostenryk, het verlede week vir die eerste keer sedert die party se oprigting in die laat…
3 Oct 2024 29 min

Ep. 19 | Vrye markte en die verromantisering van sosialisme

Daar is wêreldwyd ʼn duidelike korrelasie tussen die vryheid van ekonomieë en die welvaart wat in samelewings geskep word. Ons gesels in hierdie episode met Martin van Staden van die Vryemarkstigting oor globale tendense en persepsies oor die voordele van vrye markte en eiendomsreg.
25 Sep 2024 1 min

Ep. 18 | Vrye markte en die verromantisering van sosialisme

Daar is wêreldwyd ʼn duidelike korrelasie tussen die vryheid van ekonomieë en die welvaart wat in samelewings geskep word. Ons gesels in hierdie episode met Martin van Staden van die Vryemarkstigting oor globale tendense en persepsies oor die voordele van vrye markte en eiendomsreg.
25 Sep 2024 39 min

Ep. 18 | Elf maande van trauma in Israel

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Ilze oor haar ervaring as ’n buitestander in Jerusalem met spesifieke klem op die afgelope paar maande se gebeure. Sy vertel ook meer oor die verhaal van sommige van die gyselaars en hulle families, en mense se daaglikse vrese.
18 Sep 2024 35 min
1 – 20