
Jou Mense My Mense- Spar Trolley Dash
Loading player...
Die GROOTfm 90.5 span het Vrydag, 12 Februarie, ‘n ander tipe liefde vir Valentynsdag gevier! Ons het, met behulp van die onbaatsugtige ondersteuning van SPAR, ‘n ‘Trolley Dash’ gehou ten bate van drie behoeftige kleuterskole – Abba House / Plastic View, ondersteun deur SA Cares for life, Kleintreetjies kleuterskool, en Pikanini kleuterskole, ondersteun deur Hannah Charity. Ons het by die drie ystervroue, wat aan stuur van hierdie behoeftige skole staan gaan kuier om dit wat ons omroepers binne 5 minute kon inpak, te oorhandig. Ons bring opnuut hulde aan hierdie dames – Sanet Fagan, Lizal Staander en Amanda van Biljon – so ook elkeen wat van hullself gee en opoffer om ‘n verskil te maak aan ‘n land se toekoms, deur ‘n verskil te maak aan ‘n land se kinders! Soos oud-President Nelson Mandela gese het: There can be no keener revelation of a society's soul than the way in which it treats its children.