
#OFMFamilieFokus - Wêreld Prem Dag
Loading player...
Vir die afgelope 10 jaar word 17 November elke jaar as Wêreld-prematuriteitsdag gevier. Die doel van hierdie dag is om ’n bewustheid te kweek van voortydse geboortes en die probleme van voortydse babas en hulle gesinne wêreldwyd. In Suid-Afrika word 15% van alle babas – wat op een uit sewe babas neerkom – voortyds gebore. Mede-professor by die Skool van Verpleegkunde by die NWU Potchefstroom Kampus, Welma Lubbe vertel meer oor die dag, wat mammas moet weet en hoe jy betrokke kan raak om hierdie babatjies te ondersteun.