-DELETED- #JouMenseMyMense – Bejaardes van Ons Tuis, 15 April 2020
Loading player...
Bejaardes en die versorgingsfasiliteite wat na hulle omsien, is veral kwesbaar tydens die COVID-19 uitbreking. Die Ons Tuis Groep met bejaardesorgfasiliteite in Pretoria, Parys en Mokopane het reeds verskeie maatreëls in plek gestel vir die bekamping van die virus, maar die Besturende Direkteur, Jaco Bothma, is uiters bekommerd oor die impak van die virus op hulle onderskeie tehuise se voorrade en finansies - besorg oor die moontlike gevolge, sou ‘n inwoner die koronavirus opdoen. Die Ons Tuis Tehuise het isolasie-afdelings geskep by hulle onderskeie fasiliteite, maar hierdie afdelings benodig dringend produkte vir die gepaardgaande behoeftes.
Selfs sonder die uitdagings van ‘n wêreldwye pandemie, is daar is maar altyd ‘n behoefte aan items soos seep en skoonmaak- en reinigingsmiddels, om die tehuise effektief te bestuur. Hiervoor pak hulle gereeld verskillende fondsinsamelingsaksies aan, maar dis onmoontlik om voort te gaan tydens die grendeltyd.
Ons het met die kommunikasiebeampte van die Ons Tuis Groep, Juanita du Preez, gesels om ons meer te vertel van hulle behoeftes by die tehuise in Pretoria en hoe die bejaardes die afsondering beleef.