#JouMenseMyMense saam met SPAR – SA Cares for Life, 1 April 2020
Loading player...
Blitsvinnig het die inligting van ‘n dodelike virus elke moontlike kommunikasiekanaal van ons infiltreer. En tog was daar gemeenskappe sonder selfone of toegang tot internet wat op geen manier kon hoor wat besig was om te gebeur in ons land as dit nie was vir ‘n niewinsgewende organisasie se “van-binne-af-buite-toe” manier van werk nie. Cluster werkers wat self in sinkhuisies tussen die armste van armes bly om daar van binne af die werk van SA Cares for Life te doen – ‘n organisasie wat al meer as 25 jaar op verskillende maniere na die weerlose kinders van ons land omsien.
Die eerste stap was om hierdie werkers met slimfone en data toe te rus vir effektiewe kommunikasie – in elke moontlike taal. Toe met opleiding oor hande was en sosiale afstand wat hulle op hulle beurt weer moet gaan aangee met ‘n doodgewone oorpak en masker al is dit nie op die hoogste standaard nie, want hier moet vinnig planne gemaak word – mense se immuniteit is reeds nie goed nie.
Lindie Strydom het met die besturende direkteur van SA Cares for Life, Sanet Fagan gesels oor “vinnig planne maak” en “krisisbestuur” wat eintlik deel is van hierdie organisasie se daaglikse stryd, want die behoefte aan basiese sanitasie en mediese sorg, drinkwater en kos en opvoeding is altyd daar. Dis nou net groter en meer.
Sanet deel meer oor hulle dag-tot-dag werksaamhede, aanpassings voor lockdown, sinergie en samewerking met ander organisasies en kerke, containers as tydelike klinieke en wasbakke wat hulle self maak om hande te kan was en sommer werk ook te skep.