#JouMenseMyMense – Swanepoel gesin
Loading player...
Ernst Swanepoel (47) van Booysens in Pretoria-Wes is blind gebore. Sy vrou, Christelle en jongste seun (6) het ook verskillende gestremdhede. Ouboet (8) is baie gelukkig in die skool en vir Ernst is dit ‘n daaglikse hoogtepunt om saam met sy seun skool toe te stap. “Dis wanneer hy my vertel van sy drome en ek hom sommer ‘n paar Wiskunde somme ook vra,” vertel Ernst.
Ernst het in ‘n stadium by ‘n call centre uitgehelp en is rekenaargeletterd, maar toe hy vir ‘n rukkie sonder werk was, het hy en Christelle, wat beide slegs ‘n SASSA toelaag kry, ‘n herwinningsprojek by die huis begin om te kan oorleef.
Die papier en karton, blikkies, doppies en plastiekbottels staan ‘n groot deel van die erf vol en selfs ‘n vertrek in die huis word ingespan. Hulle hoop wel om die agterplaas bietjie leeg te werk sodat die kinders ‘n groter speelarea sal hê wanneer die skoolvakansie aanbreek.