#JouMenseMyMense - 5 Nov '19 - 'n Spesiale Meiring verjaarsdag
Loading player...
Mauritz Meiring was ‘n hardwerkende gesinsman wat alles in sy vermoë gedoen het om sy vrou, Salomé en twee kinders, Derek (18) en Christelle (15) in alle opgesigte te ondersteun. In 2018 het hy eers sy been by die werk gebreek, toe gangrene in sy linkervoet gekry en later moes sy linkerbeen as gevolg van ‘n groot bloedklont net bo die knie geamputeer word. Hy het sy werk verloor, maar dadelik roomys-ysies van die huis af begin verkoop en naweke, ten spyte van ‘n lomp rolstoel al sy aflewerings gedoen. Salomé se salaris van R5000 was nie genoeg vir hulle gesin se behoeftes nie en almal het ingespring om te help. Tydens die Junie vakansie het Derek saam met sy pa gewerk en Christelle saam met haar ma. Tot die aand van die 15de Julie toe Mauritz so ongeveer 20:30 by die huis gekom het en skielik dood is aan ‘n hartaanval.
Dit het hierdie baie hegte gesin geweldig geruk.
“Ek probeer my bes om my twee wonderlike kinders gelukkig en veilig te hou. Die verlange is erg en dis baie moeilik sonder ons Pappa, maar Boetie en Sussie staan my ongelooflik by. Ons dank die Vader vir elke dag wat Hy ons spaar vir nog ‘n dag, met ‘n dak oor ons kop en kos om te eet en dan die belangrikste vir die liefde wat ons het in die huis wat Pappa ons geleer het,” sê Salomé. Haar whatsapp status sê steeds: “My man ek mis jou ongelooflik baie… lief jou nog ontsettend baie.”
Een vir een breek die eerstes aan sonder hulle pa… Derek se 18de verjaarsdag was op die 24ste Oktober en Christelle se 15de verjaarsdag vandag. Ons wou graag hierdie dag vir hulle gesin so klein bietjie beter probeer maak…