#JouMenseMyMense – Om weer te kan sien...
Loading player...
Die oogspesialis, Dr. Marcel Niemandt poog om elke jaar (reeds die afgelope 9 jaar) tydens “Eye Care Awareness Week” vir behoeftige persone die geskenk van sig te gee met gratis katarakchirugie. ‘n Groot geskenk met ‘n operasie wat ongeveer R25 000 per oog beloop.
Vir hierdie jaar se “geskenke” ter waarde van altesaam R1 125 000 het die identifisering van pasiënte reeds in April begin met organisasies soos Helpende Hand, Helplift en Operation Healing Hands wat gehelp het om die regte persone te identifiseer. Die kriteria is onder andere lae inkomste en geen mediesefonds nie en die persoon moes al aansoek gedoen het by die staat. Daar was meer as 100 aansoeke waarvan 45 pasiënte tussen Maandag 14 en Dinsdag 15 Oktober geopereer word. Van ‘n “Gogo” wat hierdie jaar ‘n 100 word tot mense wat ekstra werk moes doen net om die petrolgeld bymekaar te kry om vir die oogondersoek te kon kom. Dr Niemandt gee sy tyd en Intercare Hazeldean borg die teatertyd.
Elke pasiënt het ‘n storie…
“Strooptyd is om die draai hier by ons in die Vrystaat. Een van ons werkers, Kapok is maar 36 jaar oud en het geen meer sig in beide sy oë nie. Kapok is een van ons beeswagters wat so getrou werk, altyd bereid om ‘n ekstra myl te loop en jy kan net dink hoe dit vir hom moet wees om nie meer elke dag in die natuur te kan wees soos hy gewoond is sy lewe lank nie.”
“Die Bela-Bela provinsiale hospitaal het vir Ann Susan gesê hulle kan haar eers help wanneer sy bykans blind is. Sy doen naaldwerk om haar staatspensioen aan te vul, maar kan nie meer die garing deur die naald kry nie en kan ook nie meer bestuur nie as gevolg van haar swak visie.”