#JouMenseMyMense 8 Oktober 2019 - Kleintreetjies se Amanda

Loading player...
Kleintreetjies Kleuterskool is al 37 jaar oud en die eienaar, Amanda was op die 1ste Junie al 20 jaar lank aan die stuur van hierdie stukkie hemel vir 83 kleuters en 35 naskool kinders. Die skool het 11 voltydse personeel en 2 drywers wat die kinders met bussies by die huis gaan op- en aflaai.

Amanda en haar span dien lang ure. Hulle is elke dag oop van 05:00 tot 17:30. Die kinders kry ontbyt en middagete en ook peuselhappies tussen-in. En as jy wonder hoekom ‘n gebreekte wasmasjien vir ‘n skool soos hierdie so ‘n krisis sal wees - daar is kinders wat net 1 stelletjie klere besit so Amanda was hulle klere voor hulle huis toe gaan in die middag of aand.

Ook die bussies het al baie myle op en kort ‘n goeie diens, maar as ‘n derde van die kinders glad nie die skoolfonds kan bekostig nie en jou water en ligte rekening meer as R20 000 per maand is, is daar net nooit genoeg ekstra vir iets baie basies soos die instandhouding van jou voertuie of selfs geboue nie.
8 Oct 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min