#JouMenseMyMense - 3 September 2019 - 'n Dankie vir haar opoffering
Loading player...
Vanoggend kon ons span ‘n vrou gaan verras wie beide haar ouers tot op die einde versorg het en wie se familie op ‘n manier vir haar waardering wou wys vir al haar opoffering...
Lizette Hamer se ma is in April 2016 met aggressiewe longkanker gediagnoseer. Die tannie moes ‘n kombinasie van chemo- en radiasieterapie kry en haar versorging - veral die bestuur van haar pyn as gevolg van die gevorderde kanker - het oornag ‘n voltydse werk en verantwoordelikheid vir Lizette geword - wat nie in daardie stadium gewerk het nie en namens die familie na haar ma kon omsien. Haar pa was eintlik ook baie siek met emfiseem.
Die tannie was in en uit die hospitaal en permanent op ‘n suurstofmasjien tot sy later niks meer vir haarself kon doen nie. Deur die dag het Lizette haar ma én pa versorg, die huis skoongemaak en wasgoed gewas, spesiale kos gekook volgens elkeen se behoeftes en in die aand, met min tot geen slaap, het sy ook haar eie huis met 12 mense versorg - onder andere haar kleinkinders wat sy grootmaak.
Die laaste 2 weke voor die tannie se dood het die onkoloog vir hulle familie gesê hulle moet elke oggend waardeer wat sy nog wakker word en Lizette was daar vir elkeen van daardie oggende tot die tannie op die aand van 16 September in haar man se arms oorlede is. Hulle was 53 jaar getroud.