#JouMenseMyMense 30 Julie 2019 Gradeplegtigheid
Loading player...
“Begin net” was die frase waarmee GROOTfm 90.5 se projekte in 2019 afgeskop het. ‘n Beginsel wat ons in Plastic City geleer het. Ons hart was van die begin af by die kinders wat nie dié haglike omstandighede tussen berge rommel en vuil rioolwater gekies het nie en daarom het ons in Februarie 2018 saam met SA Cares for Life begin bou aan ‘n vroeëkinderontwikkelingsentrum. Big Box het 8 containers geskenk, ‘n honderd mense het help verf en toe ons in Januarie 2019 ‘n paal plant om te wys waar die skool moet kom, het die eerste kinders met ‘n rugsakkie opgedaag, gereed om met skool te begin! ‘n Paal in die grond was vir hulle genoeg... En dit was vir ons genoeg rede om te begin al kon ons nogsteeds nie die containers daar neersit nie. Soms moet mens net begin en die kreukels maar uitstryk soos jy aangaan – voor nog 10 jaar verby gaan…
Danksy die fondse van Capital Singers se Kersproduksie, kon ons met die opleiding van 20 onderwysers begin. Vir SA Cares for life was dit belangrik om mense te kry wat in Plastic City bly, wat regtig ‘n passie vir kinders het en wat bemagtig kon word om as onderwyser ‘n salaris te verdien.
Tydens die onderhoude, was dit opvallend hoeveel van die mense al met kinders gewerk het, maar hulle moes ook iets van hulle toewyding wys en daarom het elke onderwyser-student vir elke les R100 betaal. Dinsdae en Donderdae, in watter wind of weer ook al, het hulle skoolgegee vir die kinders. Elke keer moet hulle die grondseile uitgooi en na die tyd weer vee en mop, toilette opslaan en weer skoonmaak, tafels, stoele, wasbakke en kratte met skryfbehoeftes uitpak en weer inpak en dan by hulle eie huisie gaan stoor tot die volgende skooldag. Elke kryt en stukkie klei is so mooi opgepas! Niks het nog gebreek of weggeraak nie.