#JouMenseMyMense – 16 Julie 2019 – Verjaarsdag vrygewigheid
Loading player...
Soos ons instap by Jeanette (50) en haar gesin se tuinwoonstel in Claremont, Pretoria-Wes, speel GROOTfm 90.5 op die radio. “Ja, ek kuier heel dag saam met julle,” vertel sy opgewonde. Dis vir haar ‘n groot oomblik om vir Francois te kan ontmoet. Voel vir haar of sy sommer nou-nou met hom oor die foon gesels het. ‘n Oproep wat uiteindelik die rede vir ons kuier geword het...
Die “Kom Ons Praat Daaroor”-span het gesels oor besparingsmaand en tussen die wenke en voorstelle van mense, was daar Jeanette se boodskap: “My dogter verjaar vandag. Ek is so hartseer dat ek nie eers ietsie vir haar kan koop nie. Geld is min, maar Jesus is goed vir ons.” Francois was saam in die ateljee toe die SMS inkom en na afloop van die program bel hy Jeanette wat tussen deur die trane vertel van hulle omstandighede. “Ek het vroeër by ‘n motorparte plek gewerk, maar sukkel met my gesondheid. My man was ook vir 6 maande werkloos, maar hy werk nou in Bronkhorstspruit en het gelukkig ‘n werksbakkie om mee te ry.” Hulle familie bly almal saam: Jeanette, haar man en haar ma (76), haar enigste dogter, Jacqueline en ook Jacqueline se twee dogtertjies van 4 en 7 jaar oud. Jeanette wou regtig nie iets vra nie, maar sê vir Francois hoe baie net die oproep en omgee vir haar beteken het.
Intussen stuur een van ons luisteraars ‘n boodskap: “Ek sal graag ‘n bedrag wil skenk vir die vrou wie se dogter verjaar en hulle kan niks koop nie.” En nog ‘n bietjie later, iemand wat inbel na ons kantoor: “Ek het toevallig vanoggend met my seun se kar gery en die radio was op GROOTfm 90.5. Ek het gehoor van die vrou wat vir haar kind ‘n verjaarsdag geskenk wil gee en ek wil graag ‘n bydrae maak.”