#JouMenseMyMense 19 Junie 2018

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Hendrik Brits is ‘n enkelpappa wat van Mei maand af as sekuriteitsbeampte werk by Laerskool Hermanstad – die skool waar ons span laas week gekuier het vir ons #Skoolmetdiebestegees projek. En Hendrik moes duidelik indruk gemaak het, want soveel van GROOTfm se personeel het kom vertel van hierdie pappa wat elke oggend reeds 05:30 op sy pos is vir sy dag se skof wat eintlik eers 06:00 begin tot 5 uur die middag. Wanneer die skool Vrydag sluit en die kinders en onderwysers en baie van die ouers ook met vakansie gaan, sal Hendrik daar wees om die skool op te pas. Hy het voorheen ook vir ‘n sekuriteitsmaatskappy gewerk en daarom het hy geweet hy kort ‘n uniform om professioneel te lyk – wat hy toe uit sy eie sak gekoop het tot die skool om terug betaal het. Hy verdien nie ‘n groot salaris nie, maar hy is geweldig trots op sy werk en dit stel hom in staat om vir sy seuntjie in Graad 4 te kan sorg en is ook hoe hy die skoolfonds kan betaal elke maand. Die onderwyers getuig hy is altyd dankbaar, altyd nederig en altyd daar op te dien.

GROOTfm 90.5 is trots op elke Pa wat ten spyte van moeilike omstandighede met trots vir hulle gesinne sorg en ‘n bydrae maak in hulle gemeenskap op watter manier ook al.

Danksy ons vriende, Retha Ingenbleek van SPAR Northrand en Jacques Jones van Monumentpark SuperSPAR, kan ons vandag vir Hendrik bederf met R1000 se kruideniersware! Ons het gehoor sy kantoortjie waar hy dan reeds baie vroeg aanmeld, het nie ‘n ketel nie – so ons vriende van SPAR het daarvoor ook gesorg saam met die koffie, melk en suiker!

Ons kollegas het ‘n ander spesifieke behoefte by Hendrik raakgesien toe hulle Vrydag by die skool gekuier het – sy bril waarvan die een lens heeltemal gekraak is. Toe ons navraag doen by die skool, het Truleen ons vertel Hendrik het net mooi gisteroggend verlof kom vra om te kyk of hy nie iewers Maandag kan regkom met ‘n nuwe bril nie… Ons vriende van Torga Optical Wonderpark het juis vir die hele Juniemaand ‘n promosie waar enige
19 Jun 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min