#JouMenseMyMense – Kiara-Lee 31 Julie 2018

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Op 16 Junie is klein Kiara-Lee (7) gediagnoseer met Breinstam Gilomo (DIPG). Die eerste kind in Suid-Afrika. DIPG word gereken as die ergste vorm van brein tumor wat bestaan en kom voor in die middel van die breinstam. Hierdie is nie ‘n tipiese kanker nie, want hy kan nie geopereer word nie, is baie aggressief en aktief en in hierdie stadium ongeneesbaar weens die gebrek aan navorsing.
Lindie Strydom was vanoggend daar tydens Kiara se 20ste (van 30) radiasie-sessies - sonder enige sedasie. "Kiara klim eenvoudig op die tafel en gaan lê gehoorsaam terwyl die vriendelike radioterapeute die groen masker op haar gesiggie sit. En dan kyk sy tjoepstil vir die sterre terwyl hulle haar deurpraat… Sy is al so tuis, opgewonde oor haar plakker by blokkie 20 en kleinsus wat ook een mag plak," vertel Lindie.
Kiara bid elke aand vir al die ander kindertjies reg oor die wêreld wat ook “kolletjies op hulle breine” het, maar het elkeen van ons se gebed baie nodig... En daarom het ons haar vanoggend verras met haar eie gebedskussing en vir Mamma Candice 'n SPAR geskenkkaart om te help met kruideniersware.
Linda Roets, wie se seuntjie saam met Kiara in Graad 1 by Laerskool Tuine is en vir ons 'n briefie ge-e-pos het, sê: "Candice moenie nou bekommer oor ondenkbare begrotings waarvan die somme nie wil klop nie! Sy het 'n goeie werk en mediesefonds, maar die ekstra medisyne, behandeling en heen en weer vervoer na die hospitaal elke dag, plaas 'n groot finansiele las op hierdie enkelmamma en alleen-broodwinner. Enige en alle bydraes maak hulle las ligter, van toiletpapier tot skottelgoedseep."
Loer gerus op @KiarasHavenDIPGWarrior om haar vordering te volg en as jy kan, help asseblief hierdie gesin:https://www.backabuddy.co.za/champion/project/kiaras-haven
1 Aug 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min