#JouMenseMyMense – Elize Visser – 25 September 2018

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Elize Visser het al in Standerd 2 vir haar juffrou gesê sy wil eendag sielkunde swot. Toe daar na skool nie geld is om te gaan studeer nie, het sy soos haar pa, broer, oom en neef by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit waar sy vir 30 jaar lank, die een na die ander eksamen geskryf het terwyl sy die leertjie geklim het tot by Kolonel, toekennings ontvang het en ook die SAPD oorsee verteenwoordig het.

Maar haar passie was om mense se omstandighede beter te maak en sy wou hulle help om hulleself te ontdek soos God hulle gemaak het! Sy wou ‘n blywende verskil maak. ‘n Draaipunt het vir haar gekom toe sy in 2012 met ‘n 2 jaar Bybelse beradingskursus begin. Sy het die eerste aand besef: “Ek is tuis! Ek voel ek leef! Wanneer ek mense met hulle seer help, kan ek prakties die liefde van Jesus uitleef! Kan ek hulle help om hulle lewens te herbou soos ek ook moes uit die as en seer van die verlede…”

Sy het haar 1ste jaar met lof geslaag as die beste student en tydens die tweede jaar, uit die polisie bedank om op 50 voltyds sielkunde te studeer. Sy het haar 4 jaar graad in 3 jaar voltooi en met lof geslaag in Januarie 2018. Sy sê haar man Francois, wie sy eers later in haar lewe ontmoet het (hulle is in 2011 getroud) en haar twee dogters, Marlize en Mari se ondersteuning was en is kardinaal tot haar sukses om vandag haar eie praktyk te hê “Mercy Corner Counselling Centre” (met Jes. 61 as hoeksteen). Maandae help sy Laerskool Gen. Nicholaas Smit se kinders en Dinsdae en Woensdae dien sy by Eleos “Mercy in Action” (Genade in Aksie) waar ons haar gaan verras het.

“My ma gee haar lewe vir almal” sê die briefie wat ons van haar dogter, Marlize af kry, “maar sy kry ook swaar na my pa, Francois vroeër vanjaar in ‘n motorfietsongeluk was. Terwyl hy bewusteloos was, moes my ma die besluit neem om sy linkerbeen te amputeer en weens die breinbesering moet hy alles van vooraf leer.”
26 Sep 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min