#JouMenseMyMense - 6 November 2018 - Die karwagte van Monumentpark SuperSPAR

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Elke week koop Lindie by Monumentpark SuperSPAR die blommetjie, geskenk of sakkie kruideniersware waarmee sy iemand gaan verras as deel van ons #JouMenseMyMense projek in samewerking met SPAR. Sy het eintlik al ‘n nie-amptelike staande afspraak met die vriendelike karwagte in die parkeerarea wat weet dat sy iewers deur die loop van ‘n Dinsdagoggend die inkopies sal kom doen. Hulle luister self getrou GROOTfm oppad werk toe en terug en is daarom altyd gretig om te help inpak en om te hoor by wie Lindie hierdie keer gaan kuier. En dan vertel Lindie vir hulle die storie!

Vanoggend was ou Nico, Hendrik, Willem, Francois, Oom Thys, Gerda en die res van die span totaal uit die veld geslaan toe dit hulle beurt is vir ‘n verrassing! Danksy ons vriende van SPAR kon Lindie vir elkeen van die 10 karwagte bederf met ‘n sak kruideniersware. Terwyl ons deur die parkeerarea loop om almal se pakkies uit te deel en met Su-an op lug gesels, hoor Tannie Una van Pierre van Ryneveld dat ons by “haar mense” is. ‘n Paar minute later stop sy by die SPAR om persoonlik te kom vertel wat hierdie manne en vroue al vir haar beteken het. Toe sy van Heidelberg af verhuis het na Pretoria het sy niemand geken nie. Die karwagte was meer as net ‘n vriendelike gesig wat ‘n handjie bygesit het om te help met haar pakkies. Hulle was haar geselskap, haar mense en is vandag nog haar maatjies. So ook die tannie wat nou-nou vir Nico vertel het van haar seun se huis in George wat afgebrand het. Al kan Nico niks doen om dit vir haar beter te maak nie, is hy en sy mense – ons mense – daar om te dien met ‘n oor wat altyd bereid is om te luister…
6 Nov 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min