#JouMensEMyMense- Opleiding vir Juffrouens in Plastic City

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Met die tot standkoming van Plastic City/Plastic View of Woodlane Villiage op die 8 hektaar stuk grond agter Moreleta Gemeente in 2009, was daar 3000 geregistreerde inwoners en 865 shacks. Maar terwyl hofsake oor wat om met hierdie mense te doen 10 jaar later steeds voortsleep, het die getal inwoners tot 7000 gegroei. Daar is slegs 4 water tenks en 1 toilet vir elkeen van die 33 “strate” – 212 mense per toilet.

Sanet Fagan van SA Cares for Life het met haar eerste besoek aan Plastic City by die mense in hulle plastiekhuisies gaan sit om te hoor wat die grootste behoefte is. “Veiligheid vir ons vrouens en kinders en ‘n skool” was hulle baie basiese versoek.

Die kinders het nie gekies om in hierdie haglike omstandighede tussen berge rommel en vuil rioolwater, groot te word nie. Dis by hulle wat ons lê en daarom het GROOTfm 90.5 en van ons vriende en vennote die afgelope jaar begin BOU aan ‘n container skool (voorskoolse ontwikkelingsentrum) vir Plastic City. Ons BOU verder op die bydraes van soveel ander mense voor ons en ons BOU al is die planne nog nie perfek uitgewerk nie, maar ons moes BEGIN voor nog 10 jaar se heen-en-weer gesprekke verby gaan. SPAR was daar toe ons laas jaar die containers begin verf het en vandag is hulle weer hier as nog ‘n deel van ons droom BEGIN…

Ons kuier vanoggend by Moreleta Gemeente waar die 20 juffrouens wat uit die gemeenskap identifiseer is, met hulle opleiding begin. Geakkrediteerde opleiding in samewerking met Judea Hope wat reeds die afgelope 20 jaar kerke in die kenmerklike blou en wit tente plant en dan skooltjies in daardie gemeenskappe begin.

As jy die eerste keer in Plastic City kom wil jy amper net vlug, om net eers ‘n vatplek te kan kry van waar om te BEGIN. Ons het die kinders gekies as ‘n BEGINpunt en al voel ons betrokkenheid en ons werk van die afgelope jaar, hoe gering en min, is dit deel van ‘n oplossing en dis baie meer werd as die sit en wag om te kyk of die “probleem” nie maar vanself wil weggaan nie
12 Feb 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min