#JouMenseMyMense - 5 Maart 2019 - David Modiba, die afrigter
Loading player...
GROOTfm 90.5 — GROOTfm 90.5 is die afgelope jaar betrokke by David Modiba se Atletiekklub in Olievenhoutbosch. Dit het begin by 9-jarige Annerike Heyneke wat tydens een van die landloopwedlope gesien het dat van die atlete nie tekkies het nie en tussen items die gehawende sportklere uitruil. Sy het begin tekkies insamel en het later gehelp met van inskrywingsfooie tot kospakkies vir wedlope. Met ons “Blikkies en Baadjies” projek kon ons in 2018 vir elkeen van die 65 atlete ‘n splinternuwe baadjie gee en ons vriende van SPAR het cool bags met kos geskenk toe 27 van David se atlete aan die Interprovinsiale byeenkoms gaan deelneem het.
David het 16 jaar gelede sy Modiba Olieven Atletiekklub gestig om kinders uit moeilike en bitter arm omstandighede as heel mense te help ontwikkel. Hy wil kinders van die straat af kry en weg van slegte invloede, want as hulle by iets positief betrokke is, is daar vir hulle ‘n beter more en kan hulle trots wees op hulleself en dit wat hulle bereik in hulle lewe.
Terwyl ons by hom kuier blaai hy deur ‘n pak foto’s van verskillende wedlope en hoogtepunte oor die jare soos toe ‘n groep van sy atlete vir die eerste keer by die see was! Sy seun Thomas (18) haal ‘n rugsak vol medaljes uit, elkeen het ‘n storie. En jy hoor die drome van wat nog gaan kom. David self gaan volgende jaar sy sesde Comrades Marathon aanpak om sy atlete deur sy voorbeeld te inspireer.
Deurbrake het begin kom in 2014 toe 6 van sy atlete beurse gekry het by TUKS se High Performance Centre. Altesaam 12 van sy atlete het al hierdie kans gekry en daar is selfs 2 van sy atlete wat op die oomblik by Monroe College in Amerika studeer. Hulle presteer dus nie net op die sportveld nie! Lilhle is een van David se atlete wat aan die einde van 2018 6 onderskeidings behaal het en nou met ‘n beurs medies studeer aan Wits.
David is elke middag op sy pos om die 86 atlete, waarvan 4 gestremd is en baie van hulle van ver af kom, af te rig. en nog nooit ‘n sent vergoeding vir sy afrigting