#JouMenseMyMense saam met SPAR – 12 Maart – Huis Gideon

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Huis Gideon se hoofdoel is die skep van ‘n liefdevolle en veilige omgewing waar getraumatiseerde kinders wat slagoffers van erge mishandeling en verwaarlosing was, geborgenheid en stabiliteit kan vind en sodoende weer kan leer om te vertrou. Die 6 kinders wat hier woon, het almal ouers, maar is weens hulle haglike omstandighede verwyder. Een van die 10-jarige dogtertjies was al in 4 verskillende kinderhuise, maar die een na die ander huis het toegemaak en elke keer moet sy weer van vooraf begin…

Die span van Huis Gideon en huisma, René Odendaal, probeer ‘n huis skep wat so na as moontlik aan ‘n normale gesin funksioneer, ten volle geïntigreer in hulle gemeenskap - hulle gaan skool toe en kerk toe, doen huiswerk en speel sport, leer belangrike lewensvaardighede, maar ook hoe om net weer kind te wees en hoe om ‘n lewe van sin en betekenis te leef.

“Ons ontwikkel leiers wat doelwitte stel en vorentoe kyk,” sê sielkundige Tia Gruenenfelder, wat op die diereksie van Huis Gideon dien. “

En ook as huisgesin kyk, dink, beplan en werk hulle saam vorentoe ten opsigte van die behoeftes in die huis. Hulle ontvang ‘n minimale subsidie van die staat en skenkings en donasies van kerke en ander organisasies, maar soos gereelde donateurs self begin sente draai en bydraes verminder, moet hulle nog verder sny en nog meer planne maak. Hulle is glad nie bang vir moue oprol en harde werk nie – of dit nou die mooimaak van die tuin is of die fondsinsamelings wat hulle al laas jaar begin het toe hulle besef hulle voertuig is nie meer so betroubaar nie. Hulle is nog nie by daardie doelwit wat nodig is vir die voertuig nie en wil ook nie sien dat water en ligte rekeninge daardie neseiertjie wegvreet nie.

Dankie aan ons vriende van SPAR vir die skenking van ‘n duisend rand se kruideniersware en vir ‘n anonieme borg se R5000 bydrae om die tekort van hierdie maand se uitgawes te dek!

René sê: “Ek hoop om die kinders eendag hier uit te stuur as warriors, niks hoef hulle terug te hou nie.
15 Mar 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min