#JouMenseMyMense 7 Mei 2019 - SPAR en COSMO Industrial versorg-die-versorgers

Loading player...
GROOTfm 90.5 — “My oom Loeks van Niewenhuizen en my tannie het hier by Huis Silversig gebly. My Tannie het 10 jaar voor dit ‘n beroerte gehad en sy kon nie praat nie. Toe my oom op sy einde was, het hulle my laat weet om te kom. Ek het hier by hom gesit en gesien hoe hulle hom versorg. Daai laaste 2, 3 ure voor hy oorlede is... hoe mooi hulle met hom gewerk het. Hulle het ‘n ander talent. Dit was vir my baie spesiaal...”

Hierdie woorde van Cosmo Industrial se CEO, Pierre van Niewenhuizen, verklap dalk die rede hoekom hy en sy span al in 2018 betrokke geraak het by Huis Silversig wat letterlik 700 meter van Cosmo se voordeur af is. Hier word 118 meestal verswakte ouer persone wat net ‘n SASSA pensioen kry, versorg. Ons het die afgelope 4 jaar deur verskillende projekte wat ons saam aangepak het, Cosmo se hart vir hulle plaaslike gemeenskap leer ken en laas jaar is die fondse van hulle Cosmo Run 2017 gebruik om by te dra vir een van die inwoners, Hennie (61) se elektriese rolstoel. “Ek het toe al besluit ons moet terugkom en iets vir die versorgers doen,” vertel Pierre.

Vandag was dit inderdaad die personeel se beurt en is die fondse van die Cosmo Run 2018 gebruik om elkeen van die 82 versorgers “te versorg” met ‘n splinternuwe baadjie en bootse vir die lang ure op hulle voete en die koue nagte se versorging wat voorlê hierdie winter – ‘n geskenk van meer as R30 000!

“Hierdie mense gee hulle alles. Hulle los hulle eie gesinne en klein kindertjies vroegoggend by die huis om ander se mense te kom versorg. Dis nie altyd maklik nie. Die take is uitmergelend. Hulle het hulle eie persoonlike uitdagings, dinge wat hulle moet oorkom, finansiële bekommernis, kindermoeilikheid - kinders wat hulle dalk verloor het aan die dood en dis hoekom vandag se gebaar en waardering vir wat hulle doen so besonders is,” sê Anneliese Bothma, Bestuurder van Huis Silversig.
7 May 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min