“Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” die sprinkaan.
Loading player...
“Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” sê die sprinkaan. (Jana Luther)
Die menslike stem is ’n geskakeerde instrument. Met ons stemme kan ons allerhande geluide naboots. Ons doen dit van die vroegste tye af, en ons doen dit steeds. Luister maar na kinders, wanneer hulle speel. Dié soort klankekspressie – waar met die stem gepoog word om wat die gehoor waarneem, te reproduseer – word klanknabootsing, of onomatopee genoem.