Sondagoggend Erediens - Ds Graham Read

Loading player...
JOHANNES 20
Die opstanding.
(Mt. 28:1-10 en ooreenk. pl.)
1EN op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
2Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
3 Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.
4En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
5En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie.
6Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê;
7en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
8Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.
9Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie.
10En die dissipels het weer huis toe gegaan.
20 Apr 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

JOHANNES 2 Jesus verander water in wyn op die bruilof in Kana. 1EN op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar. 2En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi. 3En toe daar wyn kortkom, sê die…
21 Apr 2AM 21 min

Sondagaand Erediens - Ds Graham Read

I KORINTHIËRS 15 Die opstanding. 1BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 2waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs…
20 Apr 1PM 31 min