
OPPAD MET GUILMA - Pniel: Stem van ’n Erfenis
Loading player...
In hierdie spesiale episode van Op pad met Guilma (11 April 2025) neem ons luisteraars op ’n reis deur die geskiedenisryke dorp Pniel. Guilma gesels met Jenine Meyburg, voorsitter van Pniel Erfenis, oor die belangrike werk wat hulle doen om die dorp se ryk geskiedenis te bewaar. Tannie Sera, ’n oud-inwoner, deel haar persoonlike herinneringe aan die gemeenskap en die lewe in Pniel, terwyl Oom Sollie Seyster, een van die oudste inwoners, sy unieke belewenisse en stories van die omgewing vertel. Deur musiek, herinneringe en gemeenskapsstemme vier hierdie episode die hart en erfenis van ’n trotse dorp.