Vier musiek en letterkunde hierdie Vryheidsdag geërf uit die stryd van ons voorgangers

Loading player...
Diandra Steenekamp en Peter Taljaard sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels oor die Secret Artist’s Club se volgende inspirerende program op Vryheidsdag, 27 April. Hierdie unieke geleentheid "The cost of freedom", herdenk die prys wat baie gevangenes van konsentrasiekampe in hul stryd om oorlewing betaal het deur lewe te blaas in die musiek en letterkunde wat met en geërf is uit hul stryd. Kaartjies is beskikbaar by Quicket. Die middag vind plaas by die Oorlog Musuem en Vrouemonument, Bloemfontein.
9 Apr English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

70ste bestaansjaar van NWU PUK-Koor word met sang en geselligheid gevier

’n Naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek wag wanneer die NWU PUK-Koor einde vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier. Die reünie van 20 tot 23 November op die Potchefstroomkampus gaan die kersie op die koek wees van ’n opwindende jaar, sê Kobus Venter, koordirigent. Hy sluit by Yolanda Maartens aan…
16 Apr 3 min

Nostalgie met André Schwartz se ‘Gesigte’ tydens Clarens Kunstefees

Kan jy die eerste gesig onthou wat jy gewaar het ...vasgevang in tyd, geheue en onveranderlik? Natuurlik nie. André Schwartz kuier heerlik in die OFM Kunsteklop saam met Yolanda Maartens om te vertel oor sy produksie by vanjaar se Clarens kunstefees wat plaasvind vanaf 1 – 4 Mei 2025. Kaartjies…
14 Apr 4 min

Viool en klavier sorg vir romantiese liedere op Odeion verhoog

Op 24 April bied die Odeion in Bloemfontein ‘Timeless Romantic Songs’ aan met Piet Koornhof op viool en Nicol Viljoen op klavier. Hierdie konsert bestaan uit 'n keur van tydlose romantiese liedjies wat vir viool en klavier verwerk is. Die gesofistikeerde keuse sluit romantiese melodieë in wat wissel van nostalgies…
7 Apr 4 min

Hannalie Taute solo-uitstalling: ‘n hergeboorte van nostalgie

Oliewenhuis Kunsmuseum in Bloemfontein, bied met trots “Euphoria … in sy Gloria”, Hannalie Taute se 21ste solo-uitstalling, aan. Die 19 multi-media kunswerke beeld haar herstiksel van historiese narratiewe uit tot 'n fantastiese nuwe hergeboorte van die sprokiestroumitologie. Die uitstalling is 'n viering van tye wat kom en het ten doel…
2 Apr 4 min

Paasfees uitstalling in Klerksdorp vra wat as die donkie kon praat?

Die donkie is ‘n sentrale figuur tydens paasfees en sy nederigheid en eenvoud het die B Gallery in Klerksdorp inspirer om die donkie ook die fokus van ‘n besonderse uitstalling te maak. As die Donkie kon praat open 11 April by 6 Michael straat in Klerksdorp en Lizette Havenga nooi…
27 Mar 3 min